Hier is byna 500 bladsye van pure Nigella – resepte te kies en te keur en skryfwerk om oor te kwyl.

Dit word verdeel in Kitchen Quandaries – kos om honger kinders te voer, moei-tevrye spyskaarte vir vriende wat in die midel van die week onthaal moet word – en Kitchen Comforts – spog-gebak, spog-etes, ensovoorts.

Die Britse TV-persoonlikheid is op haar beste wanneer sy soetgoed aanmekaar­slaan en gee nuttige raad oor vooruit­beplanning en wat om met oorskietkos te doen.

Sommige van haar vleisstories is egter ’n bietjie dik vir ’n daalder – sy’s ’n vrou wat ribbetjies bestel in ’n restaurant en tot die bene eet . . .

Nigella skryf soos ’n engel, maar iets aan haar boek klink nie eg nie – sit sy en haar skatryk familie regtig aan vir oor­skiet-kos?

En wat teleurgestel het, was die foto’s. Dis dieselfde ou ding, vervelig en oudmodies.

As jy ’n Nigella-verslaafde is (soos ek) sal jy hierdie boek wil hê, maar dit sal nie jou gunsteling wees nie.

Kitchen deur Nigella Lawson

Chatto & Windus, R455,95

Ons dink: 3/5