n Fisikastudent, James Stieff, sukkel in sy eerste kwartaal aan Oxford met sy studie toe hy die pragtige Jess ontmoet, ’n musiekstudent wat hom voorstel aan haar vriende, onder wie die gay Mark Winters, wat stinkryk is, maar ’n geheimsinnige, ongelukkige verlede het.

Mark nooi die groepie vriende om by hom in te trek, waarop ’n lewe van wilde dronkpartytjies volg wat deur hom geborg word.

Jess kry dit reg om met haar studie voort te gaan, maar James raak ál verder agter terwyl hy by Mark se dekadente, stukkende wêreld ingetrek word waarby ook ’n Katolieke priester betrokke is wat sy ma aangestel het om ’n ogie oor hom te hou.

Later, toe die vriende die regte wêreld moet betree, dryf hulle uitmekaar, maar Mark, wat nou getroud is, gaan voort om ’n beduidende invloed op James te hê. ’n Tragedie bring die verhaal tot ’n boeiende klimaks.

The Lessons is wyd vergelyk met Donna Tartt se The Secret History.

The lessons deur Naomi Alderman

Viking, R178,50

Ons dink: 4/5