Ons dink: 3/5

Toe Nick Vujicic ’n hele paar jaar gelede in Suid-Afrika was, het hy ook die skool van my hardgebakte tienerseun en sy vriende besoek.

Dié klompie kon die middag nie genoeg woorde uitkry om hul verwondering oor en bewondering vir die jong man sonder arms en bene te verwoord nie. Sy praatjie was vir hulle die “inspirerendste uur” van hul lewe.

Nou is sy verhaal in Afrikaans te lees met ’n leuse van geen arms, geen bene, geen beperkings. “Ek glo werklik my lewe is sonder beperkings,” skryf hy en motiveer mense wêreldwyd om ook so oor hul lewe te voel.

Nic het ’n graad in finansiële beplanning en tree wyd en syd as motiveringspreker op. Voor hy hierdie suksesvolle lewe begin lei het, wou hy selfmoord pleeg (al as jong kind).

“Ek het lank gewonder of daar nog iemand soos ek op hierdie aarde is en of daar enige sin in my lewe is, buiten die pyn en vernedering.” Nou moedig hy mense aan om ook ’n lewe sonder enige beperkings te leef.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER