Katrien is ’n joernalis by Horizons Magazine, Brittanje se voorste reis- en gasvryheidtydskrif.

’n Fantastiese werk – wat sy op die punt is om te verongeluk, want sy woon op Planeet Katrien waar dit maklik is om te verslaap en moeilik om betyds vir vergaderings te wees. En in so ‘n vergadering kan ‘n mens se gedagtes nog dwaal ook, na mans se kant toe en so . . .

Katrien hou van haar kollega Jacob. Hy is soos die meeste van haar eks-ouens: onopvallend en niebedreigend.

Maar sy’t besluit, dié keer wil sy ‘n regte Camel-man hê. Maar net sonder die sigarette, “want haar ma sal die piep kry as haar woonstel na rook stink.”

Haar ander wens is om ’n groot storie te skryf en dan kry sy haar kans wanneer sy Bosveld toe gaan om verslag te doen oor ‘n spoggerige nuwe lodge.

Sy het as kind in Kaapstad gewoon en was sedert daardie dae nog nie weer in die land nie.

Hier in “wilde” Afrika kom sy nie net wilde diere teë nie, maar ook lede van die mansgeslag wat sy nie kan kleinkry nie.

Dit is Morné Malan se twee roman ná Suiderkruis, wat in 2007 verskyn het.

Sonbesie deur Morné Malan

Tafelberg, R149,95

Ons dink: 3/5