’n Advokaat vir die verdediging “steek ’n grens oor” toe hy gevra word om as die aanklaer in ’n hofsaak op te tree wat ’n mediasirkus gaan veroorsaak.

Mickey Haller, of eerder die Lincoln Lawyer, word deur sy eksvrou, Maggie “McFierce”, en die speurder Harry Bosch, ’n bekende in Connelly-rillers, bygestaan.

Hulle probeer saam om ’n regsgeding op te los wat deur die veroordeelde kindermoordenaar Jason Jessup aangevuur word. Dit sloer al twee dekades.

Jessup is op die punt om uit die tronk te kom as gevolg van ’n nuwe DNS-bevinding. Maar die span glo nie die bewyse nie. Daar is te veel leidrade wat Jessup as die skuldige uitwys. En hulle het self ook ’n “gevoel”.

Teken in op Huisgenoot

Maar die bewyse is 20 jaar oud en hul enigste ooggetuie se lewe het ineengestort nadat hy sy jong sussie se lyk in ’n asblik gesien het.

Hierdie keer is daar meer regsspanning as laatnag-motorjaagtogte. Maar daar is ’n ongelooflike kinkel in die kabel. Soms kán mense te ver gedryf word.

The Reversal deur Michael Connelly

ORION, R180

Ons dink: 4/5