Smacked, ’n ware verhaal waarin die joernalisMelinda Ferguson vertel hoe sy haar verslawing aan heroïen en kokaïen oorkom, het in 2005 verskyn en ’n blitsverkoper geword.

Sy het dié boek toe in 2010 opgevolg met Hooked – Secrets and Highs of a Sober Addict, waarin sy verslag doen oor die verloop van haar lewe ná ’n bestaan wat uitsluitend om dwelms gewentel het.

Melinda beklemtoon dat verslaafdes dikwels een verslawing met ’n ander vervang en geneig is om sekere dinge te ver te voer en heeltemal daarin op te gaan.

In haar geval het sy konvensionele dwelms verruil vir seks, Facebook en selfs Oprah.

Sy ontwikkel byvoorbeeld ’n obsessie met ’n dwelmslaaf wat sy op Facebook ontmoet en probeer hom help om sy dwelmgewoonte hok te slaan.

Soos met Smacked (’n heruitgawe het verskyn om met die uitreiking van Hooked saam te val) skryf Melinda met humor, eerlikheid  en genadelose selfspot.

Hooked deur Melinda Ferguson

Penguin, R230

Ons dink: 3/5