Nuwe ouers sal seker nooit genoeg gelees kry oor hoe om babaprobleme te takel nie.

Want wat maak ’n mens banger as ’n baba wat dag en nag huil, wat lyk of sy swaarder tande kry as enigiemand anders se kleinding, wat haar kos spoeg dat dit daar trek . . .

Die skrywers het hul boek ingedeel volgens algemene probleme en die laaste helfte volgens ontwikkelingsfases van geboorte tot 12 maande.

Vir elke fase word raad gegee oor voeding, slaap, roetine, waarmee die baba in hierdie stadium besig is en hoe ontwikkeling bevorder kan word.

Hul fokus is om jou as ouer te help om die kleintjie se sensoriese wêreld te verstaan sodat jy ’n kalm en tevrede kind kan grootmaak.

Agterin is interessante aanhangsels, onder meer ’n paar kleuterversies met raad oor hoe jy jou baba se handjies, voetjies of lyfie kan gebruik om saam te speel.

Koester jou baba deur Megan Faure en Ann Richardson

Metz Press, R139,95

Ons dink: 3/5