Lionel Logue is eenkeer “die kwak wat ’n koning gered het”, genoem. Dié fantastiese boek vertel sy storie, van hoe dié spraakterapeut gehelp het omkoning George VI se hakkelprobleem op te los.

Die Oscar-bekroonde fliek met dieselfde naam het oor die koning se innerlike stryd gegaan.

Die boek (Logue se kleinseun is ’n medeskrywer) gebruik dagboekaanhalings, briewe en persoonlike notas om die lewe van die eksentrieke Australiër te ontbloot.

Dit gooi ’n blik op die intieme vriendskap wat tussen die twee mans ontstaan het, maar bekyk ook Logue se pad van Adelaide, Australië, na Londen waar hy ’n praktyk in Harleystraat begin het.

Afgesien van die feit dat hy geen formele kwalifikasies gehad het nie, het hy op sy vreemde manier resultate gekry deur veral sy kliënte se selfvertroue ’n hupstoot te gee.

Die boek kyk ook na sy diep liefde vir sy vrou,Myrtle.

Dis fassinerend. Mense wat die fliek gesien het, sal dit veral geniet.

The King's Speech deur Mark Logue & Peter Conradi

Quercus, R184,95

Ons dink: 5/5