“Paula voel asof sy haar kop moet skud om seker te maak wat die werklikheid is. Nou staan Hans hier in sy kakieklere voor haar ma. Nou verduidelik hy asof daar nie drie jaar tussen toe en nou lê nie.”

Drie jaar van pyn en hartseer nadat Paula se vriendin Erika Hans by haar afgevat het. Die buurseun wat langs die pastorie grootgeword het en wat maar altyd deel van haar lewe was – en sou bly, het sy gedink.

Dan keer hy terug om onder meer vir Paula te kom sê dat hy haar nog al die tyd liefhet.

Maretha Maartens se verhaal speel af tydens die Wêreldbekersokkertoernooi en wemel van die opwinding van daardie tyd, soos die vuvuzelas en die skares oorsese besoekers.

Een van dié uitlanders, Edward Prendergast, kruis Paula se pad, en gee haar nuwe insig oor haar lewe. En as sy span dan verloor, moet hy boonop ’n week lank kom help sop kook vir die kerk se uitreikaksie na haweloses.

Vergifnis en vryspraak is ’n moeilike ding. Sal Paula die regte keuse kan maak?

Laduma vir die Liefde deur Maretha Maartens

Mirre, R89,95

Ons dink: 3/5 

Volg Huisgenoot op Twitter.