Volgens stokperdjie-betotteldes hoort foto’s deesdae op jou Facebook-blad en kraletjies ryg is so uit soos lapverf of om sagte speelgoed te brei.

Deesdae plak almal teëltjies. Mal oor Mosaïek bewys hoekom dié tydverdryf vinnig veld wen.

Jy kan self besluit hoe moeilik of maklik die projek is wat jy wil aanpak en hoeveel tyd jy daaraan wil bestee.

Ál meer handwerkwinkels hou die nodige gereedskap en materiaal aan (dit kos gewoonlik nie veel nie). Van fotorame tot juwelekissies kan met teëltjies, spieëltjies en glaskrale in elke denkbare kleur beplak word: Teëltjies word gewoonlik gesny vir unieke patrone.

Die lekkerste is dat rondlêgoed nuwe lewe kan kry, selfs ou skoene of ’n melkkan. Skerwe oorskietmuurteëls kan vir groter projekte gebruik word. Jy kan voltooide werk by vlooimarkte verkoop en met lae insetkoste ’n lekker winsie maak.

Ira Bekker se voorwoord oor kreatiewe verkenning dra daartoe by om die boek ’n goeie vertrekpunt vir aspirant-mosaïekkunstenaars te maak.

Oppas net: As dié gogga jou byt, los hy nie gou weer nie.

Mal oor Mosaïek

LAPA Uitgewers

Ons dink: 3/5 

Volg Huisgenoot op Twitter.