As jy iemand is wat in tuinsentrums moedeloos raak ten aanskoue van al die onkruiddoders, kompos, struike en wat nie als nie, is dié boek vir jou.

Die derde uitgawe van die tuinghoeroe Keith Kirsten se boek is propvol praktiese raad en inligting om jou te help om jou tuin onder die knie te kry.

Hy verduidelik wat maand vir maand in jou bepaalde streek sal groei en hoe jy die grond kan verbeter met die regte misstof uit ’n hele lys produkte wat in tuinwinkels te kry is.

Leer hoe om steggies te maak, te snoei, beddings te spit en jou eie groentetuin aan te lê.

Peste en plae? Geen probleem. Ken die sondaars deur foto’s uit en kies dan die geskikte middel.

Keith gee ook ’n lys van meer as 2 000 plante met raad oor hoe en waar om hulle te plant. Sy boek sal beginners se selfvertroue beslis ’n hupstoot gee om hul vingers in die grond te steek.

Volg Huisgenoot op Twitter.