Voel jy jou vrou versmoor jou; is jou man so dominerend dat jy nie die kleinste besluit self kan neem nie; julle is kinderloos en julle leef elkeen in jul eie wêreldjie?

Al dié dinge – en honderde ander –kan die liefde tussen twee mense in die hek laat duik. Of ten minste die saamwees so onaangenaam maak dat ’n mens net sowel daarsonder sou kon leef.

Louis Naudé is ’n berader en mense beland by hom omdat hul liefde nié werk nie.

Hy sê sy boekie is ’n poging om saam met hulle te soek na die dinge wat die liefde juis laat groei en sterk genoeg maak om struikelblokke te oorkom. Want daar is tog geen verhouding waarin die liefdespaadjie altyd seepglad loop nie.

Hy gee praktiese raad om ’n swak verhouding te herstel en weer ’n diep intimiteit tussen man en vrou op te bou.

Wat laat die liefde werk? deur Louis Naudé

Lux Verbi, R99,95

Ons dink: 3/5

WEN: Drie lesers kan elk ’n kopie van Wat Laat Liefde Werk? wen.  

SMS die voornaam van die skrywer, jou naam en adres voor 3 Maart om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50.  die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.