Wat ’n slim idee van LAPA Uitgewers om ’n reeks storieboeke oor perde uit te gee, want hoeveel meisietjies beleef nie in die een of ander stadium ’n obsessie met perd-ry nie?

Die skrywer self, Lize Roux, was kleintyd al op die rug van ’n perd op die Karoo-plaas waar sy grootgeword het.

Vrye Teuels is die negende in die Stalmaats-reeks en weer handel dit oor die avonture van Anri Marais en haar maats by ’n ryskool.

Dié keer wen hulle ’n prys met ’n foto van wilde ponies wat hulle by ’n vakansie-oord geneem het. Al is dit net ’n tweede prys, wen hulle die somtotaal van R3 000. Al probleem is, wat maak ’n mens met so baie geld?

Dan ontmoet hulle Rusty, ’n pragtige bruin hings wat nie so pragtig was toe hy deur Vrye Teuels gered is nie. Dit gee Anri ’n blink plan, maar sal haar maats saamstem?

Vrye teuels deur Lize Roux

LAPA Uitgewers, R50

Ons dink: 3/5

WEN Drie lesers sal elk ’n eksemplaar van Vrye Teuels ontvang. 

SMS die antwoord, jou naam en adres voor 17 Februarie om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50. Vraag: Wat is die skrywer se van? Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.