Henk Beaumann en Coe Stern is die romantiese helde in onderskeidelik Onwaarskynlike Minnaar en Onvervulde

Passie.

Die vroue wie se hart gekneus word, is Bianca en Anshua du Pré. Bianca verstaan nie waarom Henk ná vyf jaar weer opdaag met ’n vreemde blik in sy oë en ’n pragtige verloofde aan sy arm nie. Hy is nog laas woedend vir haar daar weg.

En Anshua du Pré, die ooreiste operasanger wat weer Ansa du Preez word op ’n wegsteekdorp, moet ontdek Coe is ’n fotojoernalis.

Sy wil dan juis van dié spesie niks weet nie. Dan stem sy in om by ’n dorpskonsert te sing en Coe moet haar

begelei...

Daar het al 12 boeke uit Dirna Ackermann se pen verskyn en in 2008 was sy ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjieprys

vir romans.

Liefdespalet is ’n heruitgawe van twee van haar gewildste romans.

LIEFDESPALET

DEUR DIRNA ACKERMANN

Lapa

R99,95