Dit lyk of die Swede vas van plan is om die wêreld van misdaadfiksie te oorheers. Hulle is goed op pad met skrywers soos Stieg LarssonJo Nesbo enHenning Mankell.

Voeg Lars Kepler (’n skuilnaam vir ’n man-en-vrou-skryfspan) by die lys met hierdie donker riller met sy voorblad wat jou by voorbaat hoendervleis gee.

’n Gesin word uitgemoor, maar ’n tienerseun, Josef, oorleef dit hoewel hy natuurlik erg getraumatiseer is.

Speurder Joona Linna oorreed Erik Maria Bark, ’n traumaberader wat verslaaf is aan voorskrifmedisyne en wat ’n donker verlede het, om die seun te hipnotiseer om te probeer vasstel waar sy ouer suster is wat nie tydens die aanval tuis was nie.

Die probleerm is dat Bark in die moeilikheid gekom het die vorige keer toe hy hipnose toegepas het.  Hy stem teen sy beterwete in – en wat dan blootgelê word, verander die hele verhaal.

Die storie kon ’n bietjie gesnoei geword het, maar tog is dit ’n meesleureunde riller met Linna en Bark as twee baie interessante karakters.

THE HYPNOTIST DEUR LARS KEPLER

Harper Collins

Ons dink: 3/5 

Volg Huisgenoot op Twitter.