“Krisjan van der Merwe is so groot soos ’n os. Daar is iets koninkliks in die simfonie van sy spiere wat bruin op sy bobeen en sy kaal arms bult.”

Hy staan net skielik daar in die plaashuis se kombuisdeur, sy oë stip op Nanzi, die mooi, jong joernalis wat ’n storie moet kom skryf, maar nou staan en sop maak voor sy stoof.

Mooi, maar hardgebak en teleurgesteld in mans wat verdwyn. Weer sal sy nie toelaat dat dit haar oorkom nie.

Dís die trant van Kammaliefde, een van twee van Kristel Loots se stories wat nou heruitgegee is.

Die ander een hierin is Kanniedoodliefde en speel af op ’n gasteplaas waar mense hulle verbeel hulle is nog in die 60’s en hulle soos hippies gedra.

Dis nie ’n lekker plek vir Jackie nie, maar daar is darem Kurt met “sy charm” en meisies word “putty” in sy hande . . .

Een Plus Een deur Kristel Loots

Lapa-uitgewers, R99,95

Ons dink: 3/5

WEN: Drie lesers kan elk ’n eksemplaar van Een Plus Een wen.

SMS die voornaam van die skrywer, jou naam en adres  voor 17 Maart om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.