DIE DOMINEE ENNIE SYPER

Lukas 18:9-13

En eendag was da tweemanne gewas,

’n dominee enne skelm syper.

Die dominee het oppie preekstoel gebid:

“Jirre, dankie lat ekkie dronklik issie,

en sleg sos hierielike syper nie.

Ek werk vi Uen ek bid elke dag.”

Ennie syper het vorie kjerk gebly staan

en oppie grond gekyk, toe skop hy die gras:

“Jirre, wees my, armlike sondaar, genadag.”

Uit Karos Orie Dyne, Nuwe Griekwapsalms en Anner Gedigte deur Hans du Plessis.

Volg Huisgenoot op Twitter.