Wanneer die lyk van ’n jong meisie in Lake Grant gevind word, dui ’n briefie op die strand op selfmoord. Maar gou-gou word dit duidelik dat dit ’n koelbloedige moord was.

Die hoofverdagte is ’n effens verstandelik gestremde jong man – wat baie graag met haar wil kontak maak.

Wanneer sy egter by die polisiekantoor aankom, het hy reeds selfmoord gepleeg en die woorde “Not me” in bloed op die muur geskryf.

Sara is baie agterdogtig oor die speurder aan die hoof van die ondersoek.

Die Georgia Bureau of Investigation stuur ’n spesiale agent, Will Trent, om ondersoek in te stel.

Hy loop hom vas in die vyandigheid van die polisie en ‘n muur van stilte.

Dit lyk of die waarheid nooit sal uitkom nie, want die enigste mens wat weet wat gebeur het, is dood.

Dis weer Karin Slaughter op haar beste.

Broken deur Karin Slaughter

Century, R215

Ons dink: 3/5