Julian Barnes se aanhangers en liefhebbers van die kortverhaal sal nie teleurgesteld wees in hierdie versameling stories oor die liefde en verlies nie.

Die boek bestaan uit twee dele. Die eerste verken verhoudings – met skerp, onheilspellende ondertone wat net onder die oppervlak van daaglikse interaksies tussen mense woed.

Barnes het onlangs sy vrou verloor en die storieMarriage Lines, oor ’n man wat pas sy vrou verloor het en wat terugkeer na ’n eiland waarvoor albei lief was, is ’n hartverskeurende beskrywing van smart.

Die tweede helfte van die boek het te make met die sinne en die stories het ’n historiese geurtjie.The Limner, byvoorbeeld, is ’n briljante storie oor wraak wat in die 18de eeu afspeel en wat gaan oor ‘n dowe skilder wat betaal word om mense te teken soos hulle vir ander lyk.

Die verhale is meesleurend en laat ’n mens met veel om oor na te dink.

Pulse deur Julian Barnes

Jonathan Cape, R280

Ons dink: 4/5