Die grens tussen Maine en Kanada is maar losserig.

Enigiets kan deurgesmokkel word: dwelms, kontant, wapens, mense . . .

’n Groep ekssoldate smokkel selfs artefakte wat uit ’n museum in Bagdad gesteel is. Wat hulle nie weet nie, is dat daar tussen die artefakte ’n boksie is wat iets vreemds en skrikwekkends bevat.

Die privaat speurder Charlie Parker word ingeroep om ondersoek in te stel nadat een van die mans in vreemde omstandighede sterf.

Intussen trek die soldate se bedrywighede die aandag van Herod, ’n kluisenaaragtige man wat soos ’n lewende lyk lyk.

Soos met enige Charlie Parker-roman begin dit diep en donker en word dit ál dieper en donkerder. Charlie roep die hulp in van twee ou vriende, Angel en Louis.

Die misterieuse Collector keer ook terug en hou die leser aan die raai oor aan wie se kant hy nou eintlik is en wat sy motief is. The Whisperers is ’n heerlik meesleurende riller.

The Whisperers deur John Connolly

Hodder & Stoughton, R185

Ons dink: 3/5