“Op die GPS staan ‘Driving on Totally In-sane’. Die Doodsakker is nie ’n speelplek nie.

Teken in op Huisgenoot

Dit is ’n kusstrook waar die duine van die Namib tot teenaan die see kom. Dit is net met laagwater tydens springgety dat ’n mens op die strand kan ry – ’n afstand van meer as 60 km.

Wanneer die gety inkom, druk hy jou vas teen die duine.”

En dis juis hier waar die Voetspore-span in 2008 hul moses teëgekom het, skryf Johan Badenhorst. Maar dié keer is dit toegespoel onder die sand en lyk die gevaarlike strook strand kompleet soos “?’n snelweg”.

Kykers het Johan en sy span leer ken op hul avontuurlike reise deur die vasteland. Die jongste boek is ’n verslag oor die sowat 23 000 kilometer wat hulle binne 94 dae tussen Casablanca en Kaapstad afgelê het.

Dit lees soos ’n dagboek en bevat interessante strokies, resepte en veral mooi foto’s deur Stefan Sonnekus.

Voetspore - Casablanca tot die Kaap deur Johan Badenhorst

Protea, R184,95

Ons dink: 3/5