Wanneer ek ’n nuwe boek van Joanne Trolloperaaksien, lees ek nie eens die sinopsis nie, ek koop dit net daar. En nog nie een keer is ek teleurgestel nie.

Haar jongste boek is die gebruiklike verhaal van familielewe en konflik waarmee ons ons almal kan identifiseer.

Anthony is ’n kunstenaar en sy vrou, Rachel, ’n tuisteskepper wat aan leënes-sindroom ly en te veel inmeng in haar seuns se lewe.

Toe haar jongste trou, is dit met ’n bruid wat haar nie so maklik laat “hanteer” nie, en Rachel raak bang haar kinders het haar nie meer nodig nie.

Haar middelste seun, Ralph, kry geldelike probleme en sy huwelik begin uitmekaarval.

Skielik lyk Rachel se lewe nie meer so wonderlik nie.

Hoewel lesers dalk kan dink hierdie skoonma is darem te inmengerig, is dit tog ’n heerlike familiedrama wat enduit vermaak.

Daughters-in-law deur Joanna Trollope

Transworld Publishers, R215

Ons dink: 4/5