Etta Bancroft sukkel om op haar voete te kom ná die dood van haar afknouerige man en nadat haar selfsugtige kinders haar dwing om haar lieflike huis te verruil vir ’n aaklige plek op die dorpie Willowwood.

Haar lewe verander nogmaals toe sy in die bos naby haar huis afkom op ’n erg mishandelde perd.

Met die hulp van haar vriende dokter sy Mrs Wilkinson, soos sy haar gedoop het, weer gesond.

Die perd steel oral harte en toetse wys dat sy ’n opreggeteelde renperd is. Kort voor lank is sy terug op die resiesbaan en haar ruiter is Amber, die peetdogter van die arrogante, maar baie aantreklike afrigter Rupert Campbell-Black.

Kan Mrs Wilkinson en Etta hul man staan in die klipharde wêreld van perdewedrenne?

Dis ’n tipiese Jilly Cooper-storie – ’n klomp fassinerende karakters en baie rondslapery en rugstekery.  Plek-plek is die tempo bietjie stadig, maar tog is haar 20ste roman ’n lekker ontspanne Saterdagstorieboek.

Jump! deur Jilly Cooper

Corgi Books, R140,95

Ons dink: 3/5