Slim Jamie! Hy noem sy nuwe boek ’n revolusionêre benadering tot hoe om gesonde kos vinnig te maak, en dis presies wat dit is.

Enigeen wat kook, weet ’n mens maak nie eers byvoorbeeld jou voorgereg klaar en dan begin jy met die hoofgereg nie en Jamie besef dit maar te goed.

Pleks daarvan om net ’n klomp resepte te gee, het die gewilde Britse TV-sjef 50 feeste beplan. Dit bestaan byvoorbeeld uit ’n hoofgereg, bykos en nagereg  en neem 30 minute of minder om te maak (vir iemand met Jamie se vinnige vingers, bygesê).

Elke spyskaart word logies aan­ge­pak met lekker kortpaaie en ’n vaste struktuur.

Jy begin dus dalk met die nagereg, beweeg aan na die hoofgereg, maak die slaai klaar en teen die einde kom alles bymekaar vir ’n heerlike ete.

Die bestanddele word slim saamgegroepeer sodat jy maklik sien wat jy nodig het. Ek hou ook baie van die uitleg en foto’s.

Jamie's 30 minute meals deur Jamie Oliver

Michael Joseph, R280

Ons dink: 4/5