Private is ’n maatskappy wat ondersoekwerk doen en die wêreld se invloedrykste mense gebruik hul dienste wanneer die maksimum slaankrag en diskresie nodig is.

Jack Morgan, ’n voormalige helikoptervlieënier, en sy ondersoekspan gebruik die gevorderdste forensiese gereedskap om hul kliënte te help.

Jack is reeds besig om ’n multimiljoendollar-dobbelskandaal en die moord op 13 skoolmeisies te ondersoek toe sy beste vriend se vrou vermoor word.

Hy sweer hy sal die moordenaar opspoor.

Jack steur hom nie aan reëls nie, en toe hy die net om die misdadiger ál stywer span, sukkel hy om te kies tussen wraak en geregtigheid.

En by dit alles is hy betrokke by ’n onstuimige liefdesverhouding by die werk.

Private is die eerste in die nuwe Jack Morgan-reeks en wemel van interessante karakters.

Private deur James Patterson en Mazine Patro

Century, R150

Ons dink: 3/5