Is jy een van daardie vreemde wesens wat leef asof niks kan opraak nie? Wat water mors, ligte laat brand al is niemand in die vertrek nie, jou selfoon se laaier ingeprop hou al is jou foon klaar gelaai, bottels in die vullisblik gooi?

Dan is dit tyd dat jy wakker skrik.

En dis tyd dat jy weet wat aardverwarming met koolstofdioksied te doen het (en dalk besluit jy om ’n boom te plant), wat al die hamburgers wat verorber word te doen het met metaangas (en dalk besluit jy net daar om een dag per week nie vleis te eet nie), en so baie voorts.

Een kind kan nie die vernietiging van die planeet omkeer nie, maar een kind kan ’n verskil maak deur byvoorbeeld nee te sê vir plastieksakke in winkels, houers te kry om die plastiek, glas en papier van jul huis te herwin en nie dinge te koop wat hy of sy nie nodig het nie.

Dié boek sal vir laerskoolleerders en hul onderwysers van groot nut wees

Wat's die punt van groen wees? deur Jacqui Bailey

LAPA Uitgewers, R100

Ons dink: 4/5