Isak Burger is deur die jare oorval deur mense wat vir hom skryf nadat hulle sy 5 Minute voor en ná die Dood gelees

het.

Dit het so baie geword dat besluit is om van hierdie getuienisse in boekvorm uit te gee.

Hier is aangrypende verhale van mense wat berusting ontvang ná ’n geliefde se dood – soos die seun wat skryf hoe sy bejaarde pa per ongeluk sy ma doodgeval het terwyl hulle besig was om gordyne te hang; die man wat uit die tronk skryf met die hartsbegeerte om op die skrywer se gebedslys geplaas te word, en die sanger Hessel van der Walt se aangrypende vertelling van hoe sy seun en sy bruid op hul wittebrood in ’n motorongeluk dood is.

Isak Burger skryf in sy voorwoord:“Ek bid en vertrou dat jy ook geraak sal word by die lees van hierdie vars, eerstehandse

getuienisse van mense wat deur die lees van hierdie boek en die aanhoor van die boodskap ‘ja’ gesê het – ja vir God en vir sy liefde. Ja vir Golgota en die bloed van die Lam. Het jy al vir Hom ja gesê?“

Ja, Here! deur Isak Burger

Carpe Diem

Ons dink: 3/5