Lees ’n jaar lank elke dag ’n stukkie wat die geskiedenis van Jesus van begin tot einde vertel – van geboorte tot hemelvaart.

Dis waaroor die gewilde geestelike skrywer Isak Burger se Jesus-Bybel gaan. Hy skryf in sy voorwoord hoe die Evangelies – waar Jesus se lewe, woorde en werk opgeteken is – vir hom die fassinerendste dele van die Bybel is.

Teken in op Huisgenoot

“Dis nou al ’n paar jaar dat ek met die gedagte loop om my jare lange reis deur die Evangelies op skrif te stel . . . as ’n uitdrukking van hoe die Heilige Gees my gelei het om die historiese Jesus van die Bybel te leer ken,” skryf hy.

Elke dagstuk begin met spesifiek uitgesoekte Bybelverse en dan volg ’n kort bespreking.

Daar is ook by elke naweek plek om ’n joernaal te hou en neer te skryf wat jy die afgelope week geleer het.

WEGGEE: Drie lesers kan elk ’n eksemplaar van Die Jesus Bybel wen.

SMS die van van die skrywer, jou naam en pos-adres voor 12Mei om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.

Die Jesus Bybel deur Isak Burger

Carpe Diem Uitgewers, R120