’n New Yorkse Jodin, Mila, is al 10 jaar getroud met Joseph, die liefde van haar lewe. Toe hulle albei nog kinders was, het hy haar gered toe haar ouers deur Nazi’s vermoor is. Ná 10 jaar van getroude lewe is hulle steeds kinderloos en volgens hul streng Ortodokse geloof is dit genoeg rede dat ’n man ’n vrou om ’n egskeiding kan vra. Toe hulle weer by haar aanneem- ouers in Parys gaan kuier, besluit sy op ’n drastiese oplossing vir die probleem wat hulle uitmekaar kan dwing.

Mila is onbewus daarvan dat Joseph hom ook in die Franse hoofstad laat toets het om uit te vind of hy die een is wat onvrugbaar is. Wat in die Stad van die Liefde gebeur, het ’n invloed tot in die derde geslag – op hul pragtige oudste kleindogter.