Dis ’n meesleurende verhaal van hoe Hulk Hogan, die spierman met die peroksiedhare, begin het as sukkelende musikant en gevorder het tot een van die grootste stoeilegendes.

’n Groot deel van die boek gaan oor sy loopbaan van sy dae as as rammetjie-uitnek jong man toe hy niemand in die pad van sy drome laat staan het nie en dikwels aan stoeiwedstryde deelgeneem het, al was hy beseer.

Die interessantste is egter sy emosionele reis tot waar hy ’n toegewyde pa geword het.

Maar nes sy fisieke probleme het hy ook sy emosionele pyn weggesteek. In 2007 het alles om hom inmekaargetuimel toe sy seun, Nick, betrokke was in ’n tragiese motorongeluk en sy vrou, Linda, hom ná 23 jaar verlaat.

Die mediastorm daarna en sy bitter egskeiding van Linda het hom in so ’n depressie gedompel dat hy selfs selfmoord oorweeg het.

Hy stort behoorlik sy hart uit oor daardie donker dae en gee ’n heel ander blik op hierdie gewilde sterkman.

My Life Outside The Ring deur Hulk Hogoan

Hodder & Stoughton

Ons dink: 4/5