’n Tiener loop laataand huis toe nadat hy die laaste bus verpas het. Op ’n stil stuk pad word hy deur ’n dronk bestuurder doodgery. Die bestuurder, wat wil ontsnap van die gevolge van sy daad, skuif die lyk en probeer om alle spore van die ongeluk uit te wis.

Hy gaan huis toe, gaan voort met sy lewe en knoop selfs ’n verhouding aan. Maar alles verander toe hy ’n brief van ’n afperser ontvang wat laat blyk hy weet wat gebeur het. Hy besluit hy moet die ding net daar stopsit. By die restaurant waar hy die geld moet los, vermoor hy die jong man wat die sak kom haal. Maar hy het ’n verskriklike en tragiese fout begaan.

Die polisie van Maardam, ’n fiktiewe dorp in ’n ongenoemde land in die noorde van Europa, is vasbeslote om die moordenaar aan te keer en so word ’n onstuitbare sneeubal van gebeure aan die gang gesit. 

– André J. Brink

Op soek na ‘n beter prys? KLIK op die mier. pricecheck-new