Natuurlik onthou jy nog die foto van die huilendeHansie Cronjé tydens sy verhoor, Madiba byFrancois Pienaar se troue, en die een toe Francois die beker omhoog hou ná die Wêreldbeker-oorwinning.

Daar is ook die een van die grys Tsafendas, die man wat dr. Verwoerd doodgesteek het, en verskeie van André Stander, die polisieman wat ’n bankrower geword het en uiteindelik in Amerika deur die polisie doodgeskiet is.

Hierdie boek is uitgegee ter viering van Rapport se 40ste bestaansjaar en bevat hul beste foto’s tussen 1970 en 2010.

’n Kykie hierin is soos ‘n ensiklopedie van ons voorste nuusmakers (beroemd of berug): Frik du PreezAdriaan NieuwoudtGlenda Kemp . . .

Dis ’n lekker nostalgiese kyk terug in die geskiedenis en ook na net nou die dag se mooiste foto’s soos Mathys Roets kort nadat hy verlam is en Angus Buchan voor ’n skare.

Ikone, Skurke en Scoopse deur Herman Jansen

Arrow Books, R250

Ons dink: 3/5

WEN: Drie lesers kan ’n eksemplaar van Ikone, Skurke en Scoops wen. 

SMS die naam van die skrywer, jou naam en adres  voor 14 April om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.