Die kortverhale in hierdie bundel deur die Suid-Afrikaanse skrywer Henrietta Rose-Innes deel ’n tema: Mense kry nuwe begrip vir hul lewe wanneer hulle hulle op unieke plekke bevind – meestal in en om Kaapstad.

’n Seun leer om uit te reik na ander in die biblioteek van die historiese Kaapse stadsaal; ’n vrou kry insig in die verhouding waarin sy misbruik word terwyl sy in ’n ou luiperdstrik vasgevang sit; ’n spoghotel in ’n stil voorstedelike straat help ’n vrou om verder as haar gewone grense te sien; ’n man leer op die glaskoepel van ’n winkelsentrum wat vrees beteken.

Henrietta beskryf die fisieke werklikheid van die plekke pragtig terwyl sy die leser sagkens – en soms minder sagkens – in die kop van haar karakters laat klim terwyl hulle probeer sin maak van hul lewe.

Dis ’n boek wat jy nie gou sal vergeet nie.

Homing deur Henriette Rose-Innes

Umuzi, R170

Ons dink: 3/5