Nee wat, julle kan gerus maar skei, want jy het genoeg gehad; julle bly net bymekaar ter wille van die kinders; daar was ‘n affair; julle het byna nooit seks nie; jul persoonlik­hede verskil te veel . . .

Klink enige hiervan vir jou bekend? Lees dan wat skryf Rassie en Marietjie Malherbe: “Die gees van die tyd het ons só selfgesentreerd laat word dat dit vir ons net oor die dinge gaan wat vir ons lekker en goed en gerieflik is.”

Al besef jy nou jy is dalk meer bekommerd oor jou eie geluk as jou wederhelf s’n, sal dit nog nie jou huwelik beter maak nie.

Daarom gee hierdie boek praktiese raad. Dit begin by wat die Bybel sê ’n huwelik moet wees en dan word sleutelelemente van ’n goeie verhouding behandel.

Jy moet verantwoordelikheid aanvaar vir jou eie karakter en jou lewensmaat se behoeftes; jy moet liefde gee, dus bedagsaam en sorgsaam wees en kan vergewe .  .  .

As dit oorweldigend klink, lees die boek en sien wat is die sleutel tot ’n gelukkige huwelik, wat die skrywers glo God hulle gegee het om met mense te deel.

HEMEL OP AARDE DEUR RASSIE EN ­MARIETJIE MALHERBE

Lux Verbi

Ons dink: 3/5

Volg Huisgenoot op Twitter.