Wat die boek veral besonders maak, is dat daar nog drie in die reeks is: een elk vir vroue, tieners en kinders.

Elke lid van die gesin lees dieselfde teksvers, maar dit word anders met elk behandel in pas met sy of haar leefwêreld.

Ná stiltetyd kan die gesin dus saam ’n gesprek voer oor die Skrifgedeelte en met mekaar deel wat hulle daaruit geleer en verstaan het. So raak kinders ook gewoond daaraan om openlik met hul ouers te gesels oor sake wat hulle andersins dalk te skaam sou wees om aan te raak.

Die boek is ingedeel volgens temas en seisoene.

Hannes Burger is’n NG predikant en gesoute skrywer van geestelike boeke.

Stilword vir mans deur Hannes Burger

Carpe Diem, R99,95

Ons dink: 3/5