Sam White is ’n gewone ou wat die beste probeer maak van sy doodgewone lewe.

Eens op ’n tyd het hy daarvan gedroom om ’n rolprentster te word, maar toe hy dit nie maak in Hollywood nie, is hy en sy gesin terug na Portland, waar hy vandaan kom.

Hier werk hy nou as veiligheidswag in ’n winkelsentrum.

Maar sy vaal lewe word op sy kop gekeer toe ’n psigotiese persoon uit sy verlede sy vrou en dogter ontvoer. Om sake verder te kompliseer, duik ’n ou skoolmaat uit die bloute op wat sê hy is in dieselfde verknorsing.

Nou begin Sam se jaagtog teen die tyd om vas te stel waarom die sadis hom so haat – dis die enigste manier waarop hy sy gesin kan red.

Al is dit Grant McKenzie se debuut, kry hy dit uitstekend reg om dié riller op ’n galop te laat loop  ’n Mens sukkel om die blaaie vinnig genoeg omgeblaai te kry!

Switch deur Grant McKenzie

Bantam Books, R128,95

Ons dink: 4/5