Ons ken hom as die man met ’n voorliefde vir die f-woord en as die een wat onlangs deur die spoggerige One & Only-hotel in Kaapstad in die pad gesteek is, maar moenie dat dit jou afskrik nie.

Al is hy ’n ster met voete van klei, kan hy kook, dis vir seker.

Sy jongste boek spruit uit sy Britse TV-reeks Ramsay’s Best Restaurant en fokus op seisoenspyskaarte uit verskeie lande se kookkuns.

Die interessantste van die boek met sy 190 resepte is dat die bladsye horisontaal in drie gedeel is sodat ’n mens na hartelus spyskaarte kan meng en pas.

Vars en geurige bestanddele eerder as duur, eksotiese opsies word ingespan.

’n Goeie voorbeeld is die pangebraaide stokvis met tamatiesmoor en fyn aartappels, en die broodpoeding wat van ’n Franse brood gemaak word.

Jy kan lekker bak sonder om jou beursie te kneus.

Ramsay's best menus deur Gordon Ramsay

Quadrille, R296

Ons dink: 4/5