Wat ’n wonderlike manier om kinders aan die Bybel voor te stel!

Emeritus-aartsbiskop Tutu het 56 van sy gunsteling-Bybelstories gekies en vertel dit hier oor sodat dit toeganklik is vir kleintjies.

Luister byvoorbeeld na Genesis 37:“ ‘Pappa se witbroodjie!’ het Josef se broers gespot. Jakob het 12 seuns gehad, maar Josef was sy gunsteling. Jakob het selfs vir hom ’n pragtige veelkleurige kleed laat maak en Josef het graag hiermee gespog.”

Elke storie is verkort om op ’n dubbelblad te pas en eindig met ’n kort gebed wat by die verhaal pas.

Josef s’n eindig so: “Liewe Here, help my om my broers en susters lief te hê.”

Die boek met sy pragtige illustrasies is ook beskikbaar in Engels, Xhosa, Zoeloe, Tswana en Sotho.

Jy kan dit bestel by www.clf.co.za (klik op “1 miljoen Bybels vir kinders”) of deur 021-873-6964 te bel.

WEN een van vyf eksemplare van God Se Kinders. 

SMS die vanvan die skrywer, jou naam en adres voor 4 November om 17:00 na 34922.

Elke SMS kos R1,50.

Die borg is verantwoordelik daarvoor dat die pryse binne 'n redelike tyd afgelewer word.