Dié nuwe riller deur Suid-Afrika se beste vroulike misdaadskrywer neem die leser na die boeiende misdaadsfeer van die profielsamesteller Clare Hart en haar onkonvensionele kêrel, Riedwaan Faizel, ’n polisieman.

Hulle is besig met ’n raaiselagtige saak waar honderde mensbene opgegrawe word by ’n onwettige bouterrein in Groenpunt, Kaapstad.

Hart se belangstelling is geprikkel, maar sy is stomverbaas toe ’n vrou se geraamte – heelwat jonger as die ander beendere en geklee in ’n syerige groen rok – ingedruk in ’n kleinerige boks aangetref word.

Orford meng met intelligensie en insig hier geskiedenis, kuns, kultuur, verhoudings en algemene boosdoenery.

Die plot, wat net effens gepootjie word deur ’n oorhaastige slot, is gepak met spanning en die karakters is goed geteken. In die geheel beskou ’n bevredigende leeservaring.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER