As jy lief is vir alles wat met kos te make het – om dit te kook, gaar te maak, te eet en in restaurante te bestel – sal jy hou van dié boek deur die New Yorkse sjef en restauranteienaar Gabrielle Hamilton.

Ons lees hoe haar passie vir kos begin het in die kombuis van haar Franse ma en in die agterplaas van hul huis in Pennsylvania, waar sy haar kunstenaarpa gehelp het om heel geroosterde lam vir partytjies te berei.

Haar heerlike herinneringe kry egter ’n knou toe haar ouers se huwelik in haar tienerjare morsig tot ’n einde kom.

Sy gaan New York en later Europa toe en jok oor haar ouderdom om werk te kry in restaurantkombuise. Sy vorder in die kosbedryf en begin later haar eie restaurant terwyl sy ’n onkonvensionele huwelik met ’n Italianer en haar loopbaan moet laat balanseer.

Dié goed geskrewe boek wys kos voed nie net die liggaam nie, maar kan ook die gees verryk.

Blood, Bones & Butter deur Gabrielle Hamilton

Chatto & Windus, R185

Ons dink: 4/5