“Ek dog jy slaat morsdoodvrek daar op die vloer neer toe jy uit die karretjie val. Die end van die prent vir Lucas Niemand, dog ek.”

Lucas kom iewers in die Nova-eenheid by. Is hy besig om mal te word? Die laaste wat hy onthou, is die pers vlamme wat by Ayande se oopgesperde oë uitbol. En sy wat in die vlamme staan, en ’n skaduwee wat ook in die vlamtonge sigbaar word. Dit lyk kompleet soos die alien wat hy destyds in die tuin gekry het.

Die kolonel, Lucas se pa, verseker hom daar was geen vlamme nie, dat hy net die een of ander aanval gehad het. Maar die kolonel weet nie dat die vier pelle tevore deur ruimtewesens ontvoer is nie.

Hierdie avontuur het afgespeel in Nova – Die Begin. Die opvolg, Nova – Vuurdoop, begin waar die grootmense agterkom die ruimtewesens het operasies op Lucas en sy maats uitgevoer en die herrie is los.

Die Bloemfonteiner Fanie Viljoen is al verskeie kere bekroon vir sy kinder- en jeugboeke. Sy nuutste gaan jongelinge bang en gelukkig maak.

Volg Huisgenoot op Twitter.

NOVA – VUURDOOP

DEUR FANIE VOLJOEN

Lapa Uitgewers, R88,95

Ons dink: 3/5