Lucas keer saam met sy ma, pa en jonger broer terug van vakansie op Stilbaai. Hulle ry deur die donker nag en stop êrens tussen niks en nêrens om bene te rek.

Sy ma sit een van haar opera-CD’s in die speler, maar skielik gaan dit af en daarmee saam die motor se ligte ook.

Lucas se pa probeer in die stikdonker uitvind wat onder die enjinkap aangaan toe hy wat Lucas is skielik ’n blink kol in die lug sien.

Net voor sy pa ’n kombers oor sy kop gooi en hom in die motor laai, sien hy dat sy ma huil.

Hy verstaan niks hiervan nie, veral nie hoekom sy pa maak of daar niks gebeur het en boonop vir hom jok nie.

Die gesin woon op ’n snaakse plek: Nova is ’n dorp van wie min mense in Suid-Afrika weet en die meeste inwoners werk in Die Hok, soos die weermagkamp genoem word.

Die ril-avontuur wat hier afspeel, is die eerste in Fanie Viljoen se nuwe wetenskapsfiksiereeks. Jong lesers kan dus uitsien na nog baie naelbyt-Nova-stories.

Nova - Die Begin deur Fanie Viljoen

Lapa Uitgewers, R80

Ons dink: 3/5