Fallen deur Karin Slaughter

Random House

Ons dink: 3/5

Faith Mitchell kry nie haar ma per telefoon in die hande nie. Sy besluit om na haar ma se huis te ry om te gaan ondersoek instel.

Daar staan die voordeur oop, daar is ’n bloedkol op die handvatsel en ’n lyk in die waskamer. Die lyke word vinnig meer nadat Faith op ’n gyselaarsituasie afkom. Ten minste is haar dogtertjie ongedeerd, toegesluit in ’n kamer agter die huis.

Waar is Faith se ma, ’n polisievrou nes Faith? Was sy moontlik betrokke by twyfelagtige bedrywighede?

Daar is baie vrae, en Faith gaan haar ou kollega Will Trent en dr. Sara Linton se hulp nodig hê om antwoorde – en haar ma – te vind.

Wat Faith se speurwerk oplewer, is nie altyd wat sy graag sou wou glo nie.

Die oplossing van die vele misdade verg deeglike rondkrap, en die antwoorde bring dikwels nuwe vrae aan die lig. Intussen het Sara ’n tienerseun en klein dogtertjie wat vele eise stel.

Haar ou kollega Will Trent is nie die maklikste mens nie.

’n Heerlike, spannende misdaadverhaal vol grusame geweld en benarde situasies, donker geheime en geloofwaardige karakters. Lees dit met al die huis se ligte aan.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER