Alleeneienaarskap, kostevoordeel-ontleding, die aankoop van aandele, inflasie- en kontantgenererende strukture.

Slaan jy in ’n koue sweet uit as jy sulke terme hoor? Moenie, want daar is geen rede dat sulke konsepte vir jou soos Grieks hoef te klink nie. En as jy dit verstaan kan dit jou ryk maak, sê die skrywers van dié boek met die subtitel Secrets of the Rich Revealed: Building Wealth in South Africa.

Dit het iets vir almal – of jy nou pas begin werk het en jou eie salaris verdien of reeds gevestig is.

Die skrywers sê finansiële vryheid en sekuriteit hang af van hoe goed jy jou geld bestuur, nie hoe baie jy maak nie. Hulle wys jou hoe om goeie finansiële besluite te neem wat jou sal help om lewenslange finansiële sekuriteit te verseker.

Die boek verskaf ook wenke oor hoe om jou eie besigheid te begin as jy nog altyd gevoel het dat jy ’n gebore entrepreneur is.

Dis ook ’n goeie boek vir mense wat sukkel om sin te maak van die ekonomie en maar van een salaristjek na die volgende een leef.

Proven Methods of Making Money deur Eric Boakye met Augustina Boakye

Quickfox Publishing, R195

Ons dink: 3/5 

Volg Huisgenoot op Twitter.