Die forensiese argeoloog dr. Ruth Galloway is terug.

Teen die einde van die vorige roman het sy ’n kind verwag van ’n getroude polisiekollega, insp. Nelson, en is sy deur ’n onseker toekoms in die gesig gestaar.

Nou het sy ’n dogtertjie met die naam Kate en sukkel sy met die eise wat aan ’n werkende enkelma gestel word – en met haar botsende gevoelens vir Nelson.

Sy word by die diep kant ingegooi toe die oorblyfsels van ses mans aan die voet van ’n afgrond aan die Norfolk-kus gevind word.

Sy ontdek hulle was Duitse soldate en begin ontrafel ’n oorlogsmisdaad uit die Tweede Wereldoorlog.

Toe ’n lyk uitspoel en lede van die plaaslike polisiemag skielik begin sterf, raak dit duidelik dat iemand enigiets sal doen om die waarheid verborge te hou.

Kan sy die moorde keer?

Dit was ’n heerlike leeservaring.

The House at Sea's End deur Elly Griffiths

Quercus, R184,95

Ons dink: 4/5