Die Stellenbosse filosoof prof. Willie Esterhuyse was die tussenganger tussen die NP-regering en die destyds verbanne ANC in die aanloop tot demokrasie wat ons geskiedenis verander het.

As jy al ooit wou weet wat in verkennende onderhandelings van 1987 tot 1990 gebeur het, is dit jou boek dié – en dis ’n riller!

Die sterkste punt is dat Esterhuyse slegs vertel wat met hom gebeur het en wat hy beleef het. Hy gee nie voor dat dit ’n allesomvattende interpretasie is nie.

Die swakste punt is dat hy dalk te veel ingetrek is deur die destydse Nasionale Intelligensie, en hul weergawes, slimmighede, interpretasies en optrede (wat soms na my mening uiters naby aan oneties en onwettig was) te geredelik aanvaar ten koste van ander rolspelers.

Die boek verduidelik ook sy verhouding met oudpres. Thabo Mbeki, en gee ’n nuttige, werklik fassinerende, universeel toepaslike teoretiese raamwerk vir suksesvolle onderhandeling tussen oënskynlike vyande.

As jy Suid-Afrika wil verstaan, koop die boek. Dis die verhaal van ons land, van ons almal. Die verhaal is nog nooit so vertel nie. Dis ’n onthullende boek van groot belang, en lekker om te lees.

Volg Huisgenoot op Twitter.