Was jy al ooit by die Tswaing-krater? En het jy al ’n draai gemaak in die Tankwa-Karoo? En weet jy van die manewales van die spook van Charlotte, die kroegmeisie in Nottingham Road?

David Bristow was al op al hierdie plekke. Hy het op 14 ’n kaart van Suid-Afrika teen sy muur opgesit en hom voorgeneem om die land plat te reis. En so was hy nou al die afgelope 40 jaar omtrent oral.

Hier is 860 beskrywings van plekke wat hy besoek het, van historiese plekke tot interessante paaie en stappaaie, wild, kultuur, noem maar op. Dit sal jou dae lank aan die droom hou.

Dit sal jou lus maak om allerhande uitstappies en vakansies saam met vriende en familie te beplan – en dis alles hier aan dié kant van die oseaan.

David se boek kan ook gebruik word om kinders te leer van ons wilde diere, heerlike kookkuns en letterkunde.

Dis nie iets wat jy in een sitting gaan lees nie; jy sal dit eerder wil gebruik as ’n naslaanwerk waarna jy weer en weer sal wil terugkeer.

BEEN THERE DONE THAT DEUR DAVID BRISTOW

Random House Struik

Ons dink: 4/5 

Volg ons op Twitter.