Candy haal uit vir al wat sy werd is en die waterballon met die rooi suikerwater tref die man teen die bors. Die water loop teen sy duur baadjie, hemp en chino’s af.

Dis glad nie die man wat sy in gedagte gehad het hier waar hulle staan en protesteer teen die jagters se bedrywighede nie, maar sy kan nie mik om haar lewe te red nie.

Toe die man in totale ongeloof opkyk en hul oë mekaar ontmoet, is daar die skok van ’n soort voorkennis. En die seker wete dat sy gaan betaal.

Tog, toe ’n polisieman haar in hegtenis wil neem, is dit die einste man wat sê hulle kan haar maar laat gaan.

Hoewel Candy die veiligheid van haar motor haal en kan wegjaag, is haar lewe soos sy dit geken het, verby.

Haar ouers verloor hul rykdom en die voormalige ryk, bedorwe stadsmeisie moet by haar oom gaan werk – op ’n plaas.

Hy is glad nie baie in sy skik met Candy nie. En dit help nie dat hy nie regtig haar oom is nie en ook nie oud is nie . . .

Beenaf Bokkie deur Dirna Ackerman

Melodie, R87,95

Ons dink: 3/5