Zanne voel soos die heldin in ’n swak rolprent, ’n baie swak een. Om darem met arms vol leggers neer te slaan en dan in die skoene van jou nuwe baas te moet vaskyk. ’n Sarkastiese baas wat duidelik geïrriteerd is met haar stottertaal. En sy sien ook dat hy hom vervies vir haar ja-baas-houding.

Kan ’n mens op vrotter voet begin?

Maar Zac Meyer, besturende direkteur van Meyercorp, het groter probleme as ’n vaal sekretaressetjie: Hy is ’n kosbare stuk grond op Nelliesbaai te koop aangebied. Maar net as hy met die eienaar se dogter trou.

Dit is hoe In Ruil vir ’n Hart wegspring. Dit word heruitgegee saam met een van Dina Botha se ander gewilde verhale, Onweerstaanbare Kok, in Eerste Liefde.

Dina, ’n ma van vier kinders, het ná 20 jaar in die IT-bedryf besluit om ook haar eerste liefde te volg en eerder romantiese

stories te skryf.

Eerste liefde deur Dina Botha

Lapa, R99,95

Ons dink: 4/5