Die Suider-Afrikaanse Watter Blom is Dit? - Kristo Pienaar & Gideon F Smith

Struik Lifestyle

Ons dink: 4/5

Ek sit met een van die vroeëre uitgawes van dié pragboek en hy val nou al terdeë uitmekaar omdat ek dit deur die jare soveel keer van die rak afgehaal het om iets na te slaan. Is ek dus bly dat hier nou ‘n vierde uitgawe is!

Vyftien jaar ná die tuinghoeroe Kristo Pienaar se dood het Gideon F. Smith dit nou volledig hersien en bygewerk.

Hy is hoofdirekteur by die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitinstituut en onder meer ’n kenner van vetplante.

Die boek bly een van die nuttigste naslaangidse. Agterin is ’n indeks van algemene en van wetenskaplike name.

Ek het pas ’n struik present gekry by iemand wat trek en al wat ek weet, is dat dit ‘n heavenly bamboo is. Die gids vertel my nou dis ’n heilige bamboes, oftewel Nandina, en dat ek dit verkieslik in vol son moet plant.

Hier is sowat 1 600 jaarplante, meerjariges, struike, bome en klimplante wat algemeen in Suider-Afrika voorkom en waarvan die meeste geïdentifiseer kan word deur pragtige volkleurfoto’s.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER